Waterryke 1385ha -weidingplaas, geleë op die eskarp van die Drakensberge in die Noordoos-Vrystaat, aan die bolope van die Wilgerivier. Watervoorsiening is uitstekend en sluit in ‘n dam met ‘n oppervlak van 15 ha, asook 2 kleiner damme wat uitstekende forelhengel kan toelaat. Weiding bestaan uit hooglandgrasveld met klowe, vleie en platoweiding. Geelhoutwoude en inheemse plantegroei, wat uitstekende beskerming teen koue toestande bied, kom in die klowe voor. Infrastruktuur bestaan uit ‘n sandsteenstoor met goeie veehanteringsgeriewe en 2 selfsorgeenhede met basiese geriewe.